Total Pageviews

Sunday, August 23, 2009

Rian Malan se "Alien Inboorling"

Hier is die link om te lees oor Rian Malan se album wat ek in Stellenbosch gekoop het by die beste musiekwinkel ooit. 'n Goeie naam: Alien Inboorling. Dis ongeveer die gevoel wat jy kry as jy nou met jou studente praat oor Apartheid. Ja, om polities korrek te wees, moet ons eintlik oor onsself praat as Alien Inboorlinge.


Dan het ek op 'n keer die Kalahari Boere Orkes hoor speel in Rosendal, Oos-Vrystaat. Dis nou 'n dorp hoor. Twee kunsgallerye, 'n koffiekroeg, 'n hotel, en baie baie interesante mense!

Saturday, August 22, 2009

here I am again, but in afrikaans

just a few weeks ago i met an old afrikaans friend i had not seen for 34 years. we used to speak afrikaans but now we are only speaking the language of our boere oorlog vyand. hoekom het dit nou gebeur?
toe ek onlangs in bloem was het ek vir PG du plessis hoor vertel oor sy nuwe boek, die fees van die ongenooides. dit was nou 'n ontnugtering. ek dag altyd mens moet maar net vergewe en ek vergeet natuurlik van die 'nooit vergeet' kant van die storie. sy hele boek gaan oor die 'unmentionable' gebeurtenisse gedurende die oorlog, die weeskinders, die aborsies en nog meer. toe dag ek weer aan die hele truth and reconciliation ding. mens moet waar wees, waar aan jou hele verlede as jy die toekoms met oop arms wil ontvang. toe besef ek ek moet nou maar weer iets in afrikaans skryf en lees, want my hersings het nou heeltemal stilgestaan in die afrikaanse domein. nou probeer ek leon rousseau se biografie van eugene marais 'die groot verlange' lees. maar ek sukkel so met afrikaans lees! het iemand anders ook die probleem?